Christo Herselman Huisdienste
Vir die afgelope paar jaar is Christo Herselman Huisdienste besig om deur professionele en gehalte diens hom te vestig as een van die voorste en mees gerespekteerde maatskappye in die Tsitsikamma, en omliggende omgewings. Onder die dienste wat aangebied word, is houtwerk projekte, instandhouding, installasies, tegniese dienste en algemene verbeterings en herstelwerk.
Ons tegniese kundigheid en wye ervaringsveld maak dit vir ons moontlik om 'n uitstekende algehele diens te bied aan ons kliente. Ons het 'n ten volle toegeruste werkswinkel en is in staat om van die kleinste produk tot groot spesiale projekte met presiesie af te handel.
Ons dienste portfolio dek alle aspekte wat te doen het met die bou, herstel en onderhoud van geboue, vanaf die fondasie to die nok van die dak, en alles daar tussen en binne. Ons dienste sprei ook verder en dek aspekte soos riool sisteme en die maak van kwaliteit tuin meubles. Geen projek is te groot of te klein vir Chirsto Herselman Huisdienst.
My waarborg
As 'n bewys dat ons bly groei en voldoen aan ons kliente se behoeftes, het ons as 'n toevoeging tot ons uitstekende tegniese dienste en houtprodukte, ook onlangs die agentskap bekom van Sunflower Solar, om solar geysers te installeer en te onderhou.
Top TV & Multichoice
Christo Herselman Huisdienste is 'n geakrediteerde Top TV asook Multichoice installeerder. Ons gee vir ons kliente die gemoedsrus van kwaliteit installasies gerugsteun deur 'n waarborg. Ons is slegs 'n oproep weg, en diens die Langkloof, Tsitsikamma en Tuinroete area. Kontak ons gerus vir 'n gratis kwotasie.
Houtwerk
Een van die hoekstene van Christo Herselman Huisdienste is die houtwerk produkte en projekte wat deur Christo en sy span gemaak en geinstaleer word. Van hierdie uitstekende produkte sluit in:

