Algemene bouwerk en verbeteringe aan bestaande strukture is een van die dienste wat Christo Herselman en sy span aan kliente bied. Dit sluit die volgende in:
- Alle loodgieterswerk in huise, insluitende lekkende krane en toilette, gebarste pype, die vervanging van verhittingselemente, termostate van warmwatersillinders of die installasie van nuwe sillinders.
- Alle soorte waterdigting van dakke en mure
- Alle soorte verfwerk - binne, buite en dakke
- Alle enkelfase elektriese werk, insluitende die maak en installasie van outomatiese hekke en motorhuis deure.(ET Agentskap))
- Alle aanbouings en veranderings aan bestaande geboue asook melkstalle.
- Alle ander instandhouding wat veral kuslangs voorkom:- deure wat nie meer pas nie, skarniere wat vasgeroes het en vensters wat nie wil oopmaak nie.
- Die algehele instandhouding van u vakansie woning wat verseker dat alles in goeie werkende toestand en die huis sonder probleme is by u aankoms.
- Verhuring van chemiese toilette

